
=====================================================================
Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans

Anastasia de Vries wys op jeugdiges se taaltrots en taalbehoeftes na aanleiding van vraelyste aan horskoolleerders op die Kaapse Vlakte.

'Afrikaanssprekendes moet aanvaar dat Afrikaans tot huis- en ontspanningstaal gereduseer gaan word." Dis 'n standpunt van die jaar 2000. 
Suid-Afrikaners is na bewering in 'n oorgangstydperk waarin hulle toenemend "tweetalig" word: Engels in die openbaar en by die werk en 
Afrikaans by die huis en die kunstefeeste.

Wat van die jeug wat in di oorgangstydperk hul leefwreld in Afrikaans uitdruk en hul skoolopleiding ter voorbereiding van die toekoms 
deur middel van Afrikaans ontvang? Maak die uitsigloosheid wat kwansuis nou in Afrikaans skuilhou, nie die Afrikaanssprekende leerder se 
voorbereiding in Afrikaans op 'n toekomstige loopbaan en produktiewe lewe van meet af nutteloos nie?

Navrae (aan die hand van vraelyste) oor Afrikaans by horskoolleerders in die omgewing van Ravensmead het enersyds interessante insigte in 
die jeug se taalgebruik opgelewer; andersyds het dit 'n ontstellende blik gewerp op hoe die leiers van mre die Suid-Afrikaanse samelewing 
ervaar.

Die meeste van die leerders wat hul skoolopleiding in Afrikaans ontvang, se hele leefwreld is Afrikaans, behalwe dat sommige Engels as 
kerktaal ken en "deurmekaar", d.w.s. Afrikaans en Engels, met hul vriende praat. Byna 90% van die leerlinge voel Afrikaans kan hulle 
toegang tot 'n goeie werk gee en hul drome laat waar word. Slegs sowat 20% glo die taal kan hulle toegang tot 'n universiteit gee en 'n 
rapsie meer as 60% glo Afrikaans kan 'n ho sosiale posisie verseker.

Die oorgrote meerderheid lees Afrikaanse boeke en tydskrifte: Dit is die taal wat hulle die beste verstaan.

Te oordeel na name soos Bles Bridges, Rina Hugo, Leon Schuster, Jurie Els, Steve Hofmeyr, Andr Schwartz, Funny Carp en Brasse vannie Kaap 
en voorbeelde van die onderskeie kunstenaars se liedjies wat in talle antwoorde gepryk het, is Afrikaanse liedjies deel van die jeug se 
musiekervaring. Afrikaanse gospelliedjies is ook gunstelinge. Jy hoef net by Parow se stasie te loop draai om te weet hoe bestendig di 
liefde is. Afrikaanse gospel KLOP daar!

Die leerlinge moes hul antwoorde op die vraag of hulle hulle as Suid-Afrikaners, Afrikaners of Afrikaanses beskou, verduidelik en toelig. 
Die benaming "Afrikaanse" is skerp gekritiseer. Dit is onomwonde as vaag, onduidelik, swak en belaglik bestempel. Slegs twee leerlinge het 
ges dis 'n Afrikaanse man. Die meeste het gedink dis 'n soort plant. Etlike antwoorde het ges dit is "iemand wat nie Afrikaans reg kan 
praat nie" en ander het beweer dit kom van apartheid.

Voorkeur is in gelyke mate gegee aan "Afrikaner" en "Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner". Vir talle leerlinge is 'n Afrikaner "iemand wat in 
Afrika gebore is", "kleurlinge" en "swart mense". Slegs twee leerlinge het Afrikaners "Boere" genoem.

Leerlinge se kennis van Afrikaans se geskiedenis is wisselvallig en byna almal het die behoefte beklemtoon om meer daaroor te wete te kom. 
Die redes hiervoor is uiteenlopend. Sommige voel as hulle meer van die geskiedenis van Afrikaans weet, sal hulle die geskiedenis van die 
land beter verstaan. Ander voel dis belangrik, sodat hulle kan weet wat met ons voorvaders gebeur het en hoe die taal nou rrig ontstaan 
het.

Wat sterk uit die antwoorde na vore kom, is leerlinge se oorweldigende trots op hul Afrikaanswees en die gevoel dat hulle iewers hoort waar 
hulle hulle in en deur Afrikaans kan uitdruk. Uit die ondersoek het duidelik geblyk 'n belangstelling in, selfs 'n liefde vir en trots op 
Afrikaans leef in die skole en gemeenskappe van die Kaapse townships. Om dit te ontwikkel, te bestendig en te koester is nie slegs die taak 
van die taalonderwyser nie. Elkeen wat sy brood en botter in en deur Afrikaans verdien, wat sy plek in en deur Afrikaans in die samelewing 
volstaan, het 'n plig om 'n bydrae te lewer.
---------------------------------------------------------------------

Die lekker van Afrikaans moet na al die townships op die Kaapse Vlakte gebring word. Die belangstelling is daar. Hulle is die toekoms, die 
toekomstige koopkrag, die gehoor wat na die kunste gelok moet word. Dit kan nie eers mre gekweek word nie. Dit moet vandag al geprikkel en 
gevoed word. Wanneer laas het die kunstenaars wat in die leerlinge se wreld figureer, in Ravensmead se burgersentrum opgetree?

Afrikaanse digters en skrywers behoort ook vir hulle nie slegs name in die een of ander boek te wees nie. Die kunste moet lewend word  
meer as televisie of die radio.

Een van die leerders het geskryf "Afrikaans makeer meer toewyding om dit te bevorder". 'n Mens kan net hoop dat dit nie 'n le wens bly 
nie, dat die talle projekte wat Afrikaans op die platteland bevorder, ook die een of ander tyd in die skole van die townships aangebied sal 
word. Met "toewyding" het die leerling ook gesinspeel op die behoefte aan Afrikaans as 'n middel tot bemagtiging, die uitdaging om die 
trots op hul Afrikaanswees te ontwikkel en uit te bou.

Hoe aantreklik Afrikaans vorentoe vir die Afrikaanssprekende jeug gaan wees, hang in 'n groot mate af van dit wat ons in bepaalde posisies 
oor en in Afrikaans projekteer. Die antwoorde op die vrae hoe hulle Afrikaans as middel tot 'n doel en hoe hulle Afrikaanssprekendes sou 
beskryf, getuig van die sosiale digotomie wat die jeug in die gesig staar. Aan die een kant is die geweldige geesdrif oor hul taal en aan 
die ander kant die gevoel dat Afrikaans 'n beperkte sleutel tot die toekoms is.

'n Afrikaansprekende onderwyseres het by geleentheid opgemerk Engelssprekende kinders is net soveel meer gevorderd (lees bemagtig) as die 
Afrikaanse kinders. Hoe kan ons verwag dat ons kinders Afrikaans as die mees doeltreffende middel tot alle lewensvlakke moet ervaar as ons, 
wat juis in en deur Afrikaans kon bereik wat ons het, hulle nie dieselfde kan bied of beloof nie? Daarom behoort die oordrag van kennis, by 
die skool, in die huis, in die sosiale omgewing, ten doel te h om ons nageslag in watter taal ook te bemagtig. Die verlede moet benut word 
om die toekoms te verander, ook in Afrikaans.
---------------------------------------------------------------------

Die hedendaagse leerling is nie slegs 'n kind van die elektroniese era nie, maar werklik die kind van bevryding, wat kennis het van 
apartheid, maar nie noodwendig dieselfde bagasie dra as 'n ouer geslag nie.

As dit oor Afrikaans gaan, sing al wat ingeligte is, voor in die koor vir en teen optrede ten behoewe van Afrikaans. Standpunte het egter 
soms die nare neiging om niks meer te word nie as die toonvenster waarin akademici, drukgroepe, kommentators en meningsvormers hul kritiese 
en refleksiewe vaardighede uitstal. En in die gedruis van die menigte "geraffineerde" polemieke en debatte wonder 'n mens oor die lot van 
die leerders wat nou hul skoolopleiding in Afrikaans kry. Waarom vra niemand hul mening oor of houding jeens Afrikaans nie? Hulle word 
immers in Afrikaans op die toekoms voorberei.

Tot dusver is di deel van die Afrikaanse gemeenskap totaal gegnoreer. Bly hul standpunte oor Afrikaans onuitgespreek, sal die brer 
samelewing nie tot verantwoordelike optrede jeens hulle beweeg word nie. 'n Doeltreffende kommunikasienetwerk moet gevestig word. Ook die 
kind in die township moet weet van die rykdom wat in Afrikaans is, anders mag dit dalk te laat word om Afrikaans daar te probeer bevorder. 
Dit is nou die tyd om van blote retoriek na meer konstruktiewe optrede te beweeg. Anastasia de Vries werk aan haar doktorsgraad in 
Afrikaans en is lid van Die Burger se nagredaksie.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av748.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

